Die tuiste waar geskiedenis voortleef
By Wolfkraal hunker ons nie terug na die verlede nie, ons staan rotsvas in die hede. Deur die ware verhale in die geskiedenis te beskerm en lewend te hou, bou ons aan die toekoms.
Waarom is die verlede nog relevant?
Vir baie is die geskiedenis 'n era van die dooies. 'n Lang uitgestrekte tydperk voor die slimfoon, staatskaping en stroomdienste. Dié uitkyk en Konsekwentheids-vooroordeel is nie uniek aan ons tyd nie, want bykans elke belangrikke samelewing het tot hul val gekom sodra hul begin glo het dat die geslagte wat hul vooraf gegaan het van mindere waarde as hulself was.
Waarvoor staan Wolfkraal
Volkstrots
Wolfkraal
Identiteitsontwikkeling
Waarvoor staan ons
Die geskiedenis is 'n hemelsgroot tema en dit is selfs vir die vlugvoetigstes moontlik om in die duisternis verlore te voel. Daarom fokus Wolfkraal op dit wat vir ons tuiste die grootste waarde het. Ons soek na die skone om lig te werp op ons verlede. Wolfkraal investeer in projekte van historiese waarde vir dié wat tot die kraal behoort tot die bevordering van die volgende doelstellings:
Volkstrots
Identiteitsontwikkeling
Samewerking
Voel jy steeds verdwaal en honger vir rigting?
​
Sluit vandag by Wolfkraal aan en kom verken saam met ons die roete deur ons verlede
​
​