top of page

Bordspeletjies

Dié wat hulself met die waardes van die Wolfkraal kan vereenselwig is kampvuur mense wat graag stories hier uitruil. Ons leef egter in 'n era waarin die geleentheid hiervoor kwyn en nuwe metodes moet gesoek word om ons verhale aan die komende geslagte oor te dra.

Bordspeletjies is 'n kragtige medium wat reeds millenia deur vele kulture ingespan word vir opvoedkundige doeleindes. Die voorganger van Bakspel is in die dae van Abraham reeds in Mesopotamië gespeel. Egiptenare het met Senet of Honde teen Jakkelse strategiese beginsels aan hul prinse geleer. Homer vertel ons hoe jong Grieke hul vir oorlogstaktieke voorberei het met die spel Petteia en Kriegsspiel het van Pruise 'n formidabele krag op die slagveld gemaak. Dit het tyd geword vir die medium se aanpassing om die jong welpies in die Wolfkraal ook tou wys te maak.

Bordspel is 'n medium van genotvolle tydverdryf, maar dit hou ook die nuttige vermoë om kennis en vaardighede oor te dra. Daarom investeer Wolfkraal in die skep van bordspeletjies wat sy doelstellings dien: 

Eendracht Maakt Macht

Dit is 'n strategiese spel wat spelers lei deur die gebeure van in Anglo-Boere Oorlog. Spelers roep hul eie kommando op, bou aan hul eie unieke vaardighede en word gelei om met ander saam te werk tot 'n gemeenskaplike doel. Die spel stel spelers bloot aan 'n reeks historiese karakters en gebeure, maar verg waagmoed en heldedade van dié wat bereid is om tot die bittereinde te bly veg. 

So speel-speel reis die krygers deur die groot oorlog en help bou hulle aan die volk wat na die nederlaag weer sal opstaan.

EMM boks bo.png

Die spel is nou beskikbaar vir aanlyn aankope by: 

Return Revolution:                                             https://returnrevolution.co.za/

Spoetnik:

https://www.spoetnik.co.za/eendracht-maakt-macht

 

Kommandeur

Hierdie is 'n sosiale afgeleide denke spel wat spelers terugvoer na die onstaan van die Kaap de Goede Hoop. Spelers neem die identiteit aan van een van die vroegste kommandeurs en word gedwing om saam te werk om die Kaap te help vestig. Alhoewel daar op mekaar se goeie werk voortgebou word, beywer elke speler hul ook tot die bevordering van hul eie agenda om so hul eie status as die voorste kommandeur te verseker.

Speel-speel leer spelers wat dit geverg het om 'n nuwe wêreld te help skep. 

Kyk gerus na die volgende lusmaker en volg Wolfkraal op sosiale media om op hoogte te bly van die lansering van hierdie opwindende reis na ons vroeë verlede.

bottom of page