top of page

Johanna van Warmelo

Johanna van Warmelo (later Brandt) was maar net een van die dosyne vroue wat hul lewe gewaag het deur spioenasiewerk vir die Boere te doen. Sy en haar ma het 'n sentrale rol in die Pretoria tak van die Kappie-kommando gespeel.

Daar word dikwels gefokus op die lyding wat vroue gedurende die oorlog ervaar het in die kampe, dit is 'n belangrikke deel van die oorlog wat nie ontken mag word nie, maar vroue was nie net slagoffers nie. Baie soos Johanna van Warmelo was net sulke vurige patriote soos die manskappe in die veld. Sonder mausers oor hul skouers moes hulle die oorlog op 'n ander innoverende en gesofistikeerde manier veg. Die gevare wat hulle aangedurf het was selde kleiner as die kommando's in die veld, maar met 'n tikkie vroulike finesse het hulle selfs elegansie aan die bloedige stryd gegee.

Wil u steeds meer leer oor Johanna van Warmelo en die Kappie Kommando? Verken gerus hul pad deur die lees van die volgende goeie geskiedkundige boeke:






 

Titel
Skrywer
Uitgwers
Beskrywing
bottom of page