top of page
Niko die Boer
Vir baie was die oorlog van 1899 tot 1902, 'n stryd tussen Boer en Brit, en dit was ook hoofsaaklik só, maar die Boere se saak het wêreldwyd groot simpatie ontlok en duisende het hulle gehaas na die Suide van Afrika om 'n volkie by te staan vir wie hulle gou lief sou word. Nikolay Bagration, Niko Bagrationi of soos hy gou bekend was Niko die Boer was maar een van die kleurryke karakters wat die vaal Afrika-veld kop verryk het. Hy het geen kennis van die Boerevolkie gehad nie, tog was hy so geroer deur hulle stryd, wat hom aan sy eie volk se stryd teen Russiese oorheersing herinner het, dat het nie anders kon as om sy lot by dié van die Boere te gooi nie.
Naas die burgers van die Boere-republieke en die Kaapse Afrikaners wat gerebelleer het, het 3 000 buitelanders van reg oor die wêreld aan die kant van die Boeremagte geveg. Onder hierdie vrywilligers wat geen staatkundige of bloedbande met die Boere gehad het nie was Amerikaners, Duitsers, Franse, Grieke, Iere, Italianers, Nederlanders, Pole, Russe, Skandinawiërs en minstens een vreeslose Georgiër. Baie van hulle het die hoogste offer gebring, ander sou later terugkeer na hul tuistes en 'n blywende vriendskap tussen volke waarborg.
Wil u steeds meer leer oor Niko die Boere en ander Uitlander Boere? Verken gerus hul pad deur die lees van die volgende goeie geskiedkundige boeke:
Titel | Skrywer | Uitgwers | Beskrywing |
---|---|---|---|
bottom of page