top of page
Beleg van O'okiep
Geskiedenis boeke fokus dikwels op die "groot" veldslae in die ou republieke, die gevegte op hul grense in Boere se pogings om die Britse gebied in te val en uit Afrikaanse geledere op die veldslae waar die Boere geseëvier het. O'okiep is nie een van hierdie nie en tog hou dit een van die interessantste stories van die hele oorlog in. Meer Britse fortifikasies is gedurende die stryd om O'okiep en sy buurdorpe vernietig as in die res van die oorlog saam. Wat hierdie uitkoms meer merkwaardig maak is dat die Boeremagte hier geen grofgeskut gehad het nie en dat die meeste Boere in hierdie strydmag geen nasionale plig gehad het om die wapen op te neem nie.
Daar is ook lesse uit die laaste beleg van die oorlog te leer wat nie slegs in die krygskunde toegepas kan word nie. Die stryd in elkeen se lewe se tydsduur is vir ons dikwels onbekend, maar wanneer daar gesamentlik volhard word, word merkwaardige dinge dikwels bereik.
Die onderstaande bronne is gebruik vir die samestelling van die videogreep, lees, besoek of koop gerus een of meer:
Titel
Skakel
Skrywer
Die Boereoorlog
M Bossenbroek
F Pretorius
The Great Boer War
T Pakenham
Vir Vryheid en Reg. Anglo-Boereoorlog Gedenkboek
M van Bart & L Scholtz
South African Battles
T Couzens
Kommando: Van Perde en Manne
D Reitz
The Anglo Boer War podcast:
Episode 131 - 136
D Latham
bottom of page