top of page

Rodewalstasie

In Junie 1900 was die Boeremagte sielkundig teen die grond, beide hule hoofstede was in die vyand se hande, duisende krygers was reeds onderweg na St Helena en daar was selfs sprake dat van die Boereleiers om vrede wou gaan smeek. Daar was egter een man wat geweet het net hoe om nuwe moed in die republiekeinde magte te blaas - Generaal CR de Wet. Sy kans het by Roodewalstasie gekom waar hy op 'n enorme buit beslag gelê het. Hierdie aksie sou uiteindelik die weerwraak van Lord Roberts ontlok en lei tot die vernietiging van sy plaas en gevangeneming van sy gesin. Wat De Wet en die Vrystaters met hierdie slag vermag het was egter van veel groter waarde as enige materieële verliese wat dit veroorsaak het - hulle het 'b volk bemoedig en verenig gehou tydens sy donkerste uur van nood.  

Daar is ook lesse uit Roodewalstasie te leer wat nie slegs in die krygskunde toegepas kan word nie. Ondersoek saam met jou gesin wat julle saam bereid sou wees om te verduur en te doen indien julle deur die moeilike besluite van Roodewalstasie en sy nadraai gekonfronteer sou word.

Die onderstaande bronne is gebruik vir die samestelling van die videogreep, lees, besoek of koop gerus een of meer:

Titel

Skakel

Skrywer

F Pretorius

The Great Boer War

T Pakenham

The Anglo-Boer War podcast
(episode 38)

D Latham

Christiaan Rudolph De Wet

MCE van Schoor

Guerillastryd begin - FAK artikel

©2021 by Wolfkraal. 

bottom of page