top of page
Spelreëls
Enige spel begin met die verstaan van die speldoelwit (dit waarvoor spelers speel), maar ook wat die spel probeer bereik (dit wat ons graag hoop julle sal ervaar wanneer die spel as gesin of vriendekring saam gespeel word).
Voor julle die spel vir die eerste keer aanpak, kyk hierdie videogreep om te verseker dat alles korrek opgestel is. 'n Korrek opgestelde spel waarborg 'n dat julle die maksimum genot en leerervaring uit die spel sal put.
Die voorbereiding en eerste rondte begin met spesiale keuses wat elke speler se karakter vir die spel sal bepaal. Daar is nie regte en verkeerde keuses nie, dus hoef spelers nie te veel tyd op hierdie besluite te spandeer nie. Dit bied aan spelers die geleentheid om hulle identiteit en tuisstreek te kies, maar dit gee ook 'n blik op die keuses wat verlang sal word gedurende die spel wanneer spelers hul beginneruitdagings kies. Volg hierdie video om die basiese spelmeganieka te verstaan vir die spel en die stryd om te begin:
Na voltooiing van die aanvangsrondte is elke opvolgende rondte presies dieselfde:
1) Oorlogskalender skuif aan (Tyd is die spelers se vyand in hierdie spel)
2) Rondtekaarte word deur elke speler getrek (Eksterne faktore wat die spelers tref)
3) Elke speler het 'n keuse van maksimum 3 aksies (Spelers se besluite op die spel)
Die spel-meganieka is uniek onder Afrikaanse bordspeletjies, maar eenvoudig wanneer spelers dit 2 of 3 rondtes gespeel het. Vir 'n soomlose spel, kyk gerus die onderstaande videogreep wat van die meganieka wat nodig is om die spel te bemeester verduidelik:
Indien u enige vra oor die spelreëls, meganieka of enige ander aspek van die spel het, wil ons graag daarvan hoor sodat ons hierdie hulpmiddels tot die spel kan verbeter. Kontak ons gerus want ons help graag in u stryd, want Eendracht Maakt Macht!
Kontak ons
bottom of page