top of page
Vrede van Vereeniging
Die uiteindelike vrede was vir baie Boere 'n bitter pil om te sluk. Vrede was wat hul voorvaders wou hê toe baie op die Groot Trek gegaan het, maar min sou voor die oorlog kon raai dat die uiteindelike vrede wat die weg sou baan vir die ontstaan van Suid-Afrika so vernietigend vir hulle sou lyk nie. Meer as 'n eeu later word daar steeds gedebateer of die tydsberekenining van die vredessluiting korrek was. Moes die Boere nie reeds vroeër die wapen neergelê het nie? Of was daar dalk 'n kans om aan te hou veg? Was die oorlog enigsens die moeite werd as al die skade en smart verreken kan word.
Daar is ook lesse uit die vredesverdrag en die besluit tot vrede te leer wat nie slegs in die krygskunde toegepas kan word nie. Soms is moeilike besluite nodig vir eenheid binne 'n groep en soms moet die hoogste offers gebring word deur een generasie sodat 'n volgende die vrugte kan proe. Bespreek saam met jou gesin wat julle in hierdie situasie sou doen en vra ook julself af wat julle sou doen indien julle keuse nie die meerderheidsbesluit was nie. Laatsens ondersoek ook saam wat julle sou doen as julle na hierdie stryd niks meer oorgehad het nie en vra jouself af of die frustrasies wat ons hedendaags opper so onoorkombaar is as wat baie van ons voorgee?
Die onderstaande bronne is gebruik vir die samestelling van die videogreep, lees, besoek of koop gerus een of meer:
Titel
Skakel
Skrywer
Die Boereoorlog
M Bossenbroek
F Pretorius
The Great Boer War
T Pakenham
Vir Vryheid en Reg. Anglo-Boereoorlog Gedenkboek
M van Bart & L Scholtz
Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
L Scholtz
bottom of page