top of page
Willie Steyn
Wolfkraal vra nederig omverskoning vir 'n tik-flater wat op die Willie Steyn karakter-kaartjie gedruk is:
Regstelling: Willie Steyn het geleef van 1875 - 1946 en nie tot 1964 soos in die spel gedruk is nie.
Willie Steyn se grootste hoop was dat hy sy volk op die slagveld kon dien teen die Britte, maar die noodlot het ander planne, veel groter vir hom ingehou en daarvoor moes hule eers gevang word. Willie Steyn en sy vriende, die "Swemmers van Ceylon" het een van die mees gewaagde ontsnappingspogings in enige oorlog aangepak en sodoende die wêreld aan die gons gehad.
Baie gevange Boere is uit aksie geneem en hul diens aan hul volk is so kort geknip, maar vir sommige sou die stryd nooit gaan lê solank as hul asem gehad het om te hardloop of te swem nie.
Wil u steeds meer leer oor Willie Steyn en ontsnappingspogings? Verken gerus hul pad deur die lees van die volgende goeie geskiedkundige bronne:
Skakel
Titel
Skrywer
Die Groot Boere-ontsnapping
W Steyn
Die Vyf Swemmers
CJ Barnard
Kraal Uitgewers Artikels:
Die vyf swemmers ontsnap
L van Schalkwyk
bottom of page